Sens

'n Tradisionele houtsens.

'n Sens of seis is 'n handgereedskapstuk om gras te sny. Dit is grootliks vervang deur masjiene wat deur perde getrek word en later deur masjiene wat deur trekkers getrek word.

Vandag word 'n sens eerder geassosieer met die skoppensboer[1] ook genoem die doodsmaaier, die man met die seis of Mantelman. Hy word uitgebeeld as 'n lewendige geraamte met 'n sens en 'n uurglas in sy hand.

  1. Kyk Skoppensboer (dood)

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy